Afrikaanse legkaarte!
Welkom by ons afrikaanse webblad
Welkom by ons
AFRIKAANSE webblad.
Hier sal jy lekker eg Afrikaans
en opvoedkundige
legkaarte kan bestel of self jou eie een ontwerp.
Ons is druk besig om ons reeks uit te brei en
hoop om in die nabye toekoms sommer 'n groot verskeidenheid aan te bied. Indien
jy 'n idee het van ietsie wat vir jou sal kan werk, moet jy ons asseblief kontak
en ons sal 'n plan maak om dit te ontwerp en te druk.
Die pryse van die legkaarte hang af van die
grootte asook die hoeveeldheid stukkies wat bestel word. Daar kan self 'n
plekkie gemaak word op die opvoedkundige legkaart vir jou kind se gesiggie.
Voorbeeld: Se maar jou japsnoet se naam is Mattheo, dan in plaas van die M vir
muis, sit ons 'n foto'tjie in van M vir Mattheo.

Kyk gerus ook na ons ander web bladsye waar ons
pragtige legkaarte kan maak van al jou mooiste foto's
saam. Dan is daar ook lekker geleenthede waar jy rustig kan sit en legkaarte
bou. Veral oor die vakansie tydperk. Lekaarte is ook baie spesiaal vir
moedersdag, kersdag en soveel ander belangrike dae. Die idees is oneindig.
Al wat jy hoef te doen is om so bietjie te kyk
wat ons benodig vir 'n
suksesvolle lekaart. Dan kontak
jy ons, en ons sal die res doen!
Kliek net op die legkaart waarna
jy wil kyk. Indien jy nie "Adobe Reader" het nie kan jy dit installeer
direk vanaf die internet. 'n Nuwe webblad sal dan oopmaak sonder dat jy ons
webtuiste verlaat.
Indien jy enige vrae het, kontak
ons gerus en ons sal ons bes doen om als te beantwoord.
Legkaarte beskikbaar
ABC
Seisoene
Syfers
Vorms
Bestel vandag jou afrikaanse legkaart en kry 10% afslag!
|